|
Die Kasboeke van die ‘n DVD met transkripsies |
|
| Daar is lank aanvaar
dat die kasboeke van die Kerkraad Stellenbosch van vóór 1725 saam met
ander soortgelyke dokumentasie oor die vroegste jare van Stellenbosch,
verlore gegaan het, totdat dit in die boek "De Kaap de Goede Hoop"
deur Ad Biewenga ter sprake gekom het. In die lig van die belangrikheid van die inligting opgesluit in hierdie "verborge" kasboeke, het die Stellenbosse Heemkring vroeg in 2017 besluit om dit wyer bekend te stel. Om koste te bespaar is die transkribering met die hulp van Heemkringlede gedoen, betyds vir die viering van die Heemkring se 50ste verjaardag op 24 Oktober 2018. 'n Aantal van die bladsye van die vroegste deel (1/STP 12/15), hoofsaaklik in die moeilik leesbare "Gotiese" handskrif, is reeds vroeër deur Corney Keller van Zaandam, Nederland gedoen. Die uitkoms bevat die volgende: Syferbeelde van die ongeveer 500 bladsye van die kasboeke 'n Inventaris van die bladsye Beskrywing van die metodiek van transkripsie Die proses van transkripsie deur die lede Volledige transkripsies in *.doc- en *.pdf-formaat Die inhoud van die transkripsies kan nuttige inligting oplewer oor die administrasie van die Colonies; items waarop geld spandeer is; name van byna 3 000 persone (sommige se handtekenings kom ook voor); beroepe; vergoedings; roofdiere; ens. Kontak die Argivaris (me. Alta Wagener, sien Kontakinligting) vir meer inligting. |
|
![]() |
|